NB Publishers

Ster en die skugter vyf: Voorlesing & Agter-die-skerms

Listen on

Episode notes

Luister na hierdie spesiale podsending waarin skrywer Henriëtte Linde-Loubser en illustreerder Elizabeth Pulles met ons gesels oor hul boek, Ster en die skugter vyf. Buiten die interessante agter-die-skerms-inligting is daar ook ‘n pragtige voorlesing deur die skrywer waarna luisteraars kan uitsien. Nou beskikbaar op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Meer oor Ster en die skugter vyf: Vandat sy kan onthou, woon Ster by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een aand word sy wakker van 'n gevroetel in haar kamer en ontdek 'n erdvarkmannetjie, sy snoet op haar beddegoed. "Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so begin Ster se naglopery op soek na al die skaam diere: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu. Bestel Ster en die skugter vyf deur Henriëtte Linde-Loubser (met illustrasies deur Elizabeth Pulles) by boekwinkels of aanlyn. Musiek: “Family Tree” deur Jahzzar - https://freemusicarchive.org/music/Jahzzar/Sele/family_tree_f