NB Publishers

'n Storie uit Jakkals en Wolf: Die rondekop gedierte

Listen on

Episode notes

Luister hier na Die rondekop gedierte, 'n storie uit Jakkals en Wolf, soos voorgelees deur Johann Nel. Meer oor die boek: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! Deel die geliefde Jakkals en Wolf-stories deur Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster met 'n nuwe generasie lesers. Eksklusief beskikbaar by CNA tot 1 Mei 2021. Die luisterboek van Jakkals en Wolf is ook hier beskikbaar op Audible: https://www.audible.com/pd/Jakkals-en-Wolf-Jackal-and-the-Wolf-Audiobook/B00BW6RFXG