NB Publishers

Voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker

Listen on

Episode notes

Luister hier na Frieda van den Heever se voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker. Skepsel is onlangs met die 2021 UJ-prys vereer en kan by goeie boek- en aanlynwinkels bestel word. Meer oor die boek: Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Musiek: “Paralytic Insomnia” deur David Hilowitz (https://freemusicarchive.org/music/David_Hilowitz/Paralytic_Insomnia/David_Hilowitz_-_Film_Cue_157_-_Paralytic_Insomnia_Horror_IV)