NB Publishers

Bruidzilla ─ 'n boodskap en voorlesing van Marion Erskine

Listen on

Episode notes

Bruidzilla deur Marion Erskine is die perfekte teenmiddel vir 2020 en laat lesers wyd en syd skaterlag. Luister hier na Marion se boodskap en kort voorlesing. Bruidzilla kan by boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer oor die boek: Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering? Musiek: “Canon in D Major” deur Kevin MacLeod - https://freemusicarchive.org/music/Kevin_MacLeod/Classical_Sampler/Canon_in_D_Major