NB Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Gesprek met Louis Krüger oor Die verleiding van Eva de Winter

Listen on

Episode notes

In hierdie episode gesels die skrywer Louis Krüger met SARIE-boekeredakteur Phyllis Green. Die verleiding van Eva de Winter is 'n ragfyn bestekopname van die grysland in 'n huwelik, en tegelyk 'n verkenning van die skaduagtige en manipulerende wêreld van farmaseutika en big data. Deur die skrywer van o.m. Gevaarlike land (1990), Herinnering aan Agnes (1995) en Wederkoms: Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop (2009). Hierdie episode is opgeneem tydens ‘n Graffiti Aanlynkuier in April 2022. Bestel Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger hier by Graffiti Boeke se aanlynwinkel: https://www.graffitiboeke.co.za/af/384291/Boeke