NB Publishers

Tafelberg-boekgesprek: Zelda Bezuidenhout gesels oor en lees voor uit Anderkant die blou

Listen on

Episode notes

In hierdie episode van NB-Uitgewers se potgooi gesels Zelda Bezuidenhout oor haar jeugroman, Anderkant die blou en sy lees ook 'n gedeelte voor. Dis altyd spesiaal om 'n voorlesing deur die skrywer self te hoor! Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie. Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 by Kwela Boeke verskyn. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie bekroon. In 2019 is sy naaswenner in RSG se radiodramakompetisie met die hoorspel As ‘n kind kom kuier en in 2020 behaal sy en haar medeskrywer Lunéll Kruger die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat. Sy woon op Parys in die Vrystaat. Bestel Anderkant die blou deur Zelda Bezuidenhout by goeie boek- en aanlynwinkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624091929 Musiek: "Indigo Wild" deur Blue Sky Moon (https://freemusicarchive.org/music/blue-sky-moon/prophet-and-loss/indigo-wild)